Skip to content

Parlementêre Korrektiewe Dienste-komitee bekommerd oor oorvol Pollsmoor-tronk

# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Korrektiewe Dienste het kommer uitgespreek oor oorbevolking en vertragings met instandhouding by die Pollsmoor-gevangenis in Kaapstad. Die verhoorafwagtende afdeling is 234-persent vol en die vroueafdeling is 248-persent oorbevolk. Die komiteevoorsitter, Kgomotso Ramolobeng, sê tydens hul oorsigbesoek het hulle probleme opgemerk soos vervalle dele van die instelling, beskadigde waterinfrastruktuur, kombuistoerusting wat nie werk nie en bed-spasie in die afdeling vir verhoorafwagtendes wat dringend aandag moet kry.