# Tennis: Die viermalige Grand Slam-kampioen, Naomi Osaka, is in die Madrid Ope se eerste ronde uitgeskakel toe die Italianer, Lucia Bronzetti, haar verslaan het. Dit was die gewese wêreld-nommer-een van Japan se eerste wedstryd sedert sy in die vierde ronde van die Miami Ope verloor het. Die Britse nommer-een, Katie Boulter, het haar eerste kleibaanoorwinning op ʼn WTA-toer gebuit toe sy Katerina Siniakova van Tsjeggië afgeransel het om die tweede ronde te haal. Ander wenners was Sorana Cirstea van Roemenië en Yuliia Starodubtseva van Oekraïne.
Tennis: Naomi Osaka uitgeskakel in eerste ronde van Madrid Ope