Skip to content

Nersa publiseer gas-strategieverslag oor uitdagings in plaaslike bedryf

# Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika het ʼn omvattende verslag uitgegee waarin hy sy visie vir gas se rol in die land se veranderende energielandskap uiteensit. Die strategie wil probleme in die plaaslike gasbedryf aanspreek, veral die kwynende gasvoorraad uit Mosambiek. Nersa sê die strategie sit belangrike doelwitte uiteen om onder meer gasbronne en -infrastruktuur te diversifiseer en te verseker. Die plan beklemtoon voorkeur aan vloeibare aardgas as mees volhoubare keuse om die gaping in gasvoorraad op die kort tot medium termyn aan te vul.