# Olimpiese Spele: Die Amerikaanse gimnas Simone Biles het nog nie besluit of sy aan die volgende Spele in Los Angeles gaan deelneem nie. Die mees bekroonde gimnas ooit is Maandag op die Laureus-wêreldsporttoekennings as sportvrou van die jaar aangewys. Biles sê verlede jaar se Spele in Parys, waar sy nog drie gouemedaljes gewen het om haar totaal tot sewe te verhoog, het ’n reuse-tol op haar liggaam geëis. Sy sê sy sal werklik opgewonde moet wees oor die idee voor sy aan die Spele in haar vaderland sal deelneem.
Olimpiese Spele: Biles het nog nie besluit of sy aan die Spele in Los Angeles gaan deelneem nie