# Krieket: Die gerekende Wisden-krieketjaarboek het die Indiese duo Jasprit Bumrah en Smriti Mandhana aangewys as die beste mans- en vrouespeler van 2024. Wisden sê dit gebeur selde dat ’n speler so oorweldigend uitstaan soos Bumrah verlede jaar. Die Windies-kolwer Nicholas Pooran is as die beste T20-speler in die wêreld aangewys. Gus Atkinson, Liam Dawson, Jamie Smith en Sophie Ecclestone van Engeland, en Dan Worrall van Nieu-Seeland is as Wisden se vyf spelers van die jaar aangewys. Die jaarboek word sedert 1864 jaarliks gepubliseer.
Krieket: Wisden wys Bumrah en Mandhana aan as die bestes van 2024