# Tennis: Die 22-malige Grand Slam-kampioen Rafael Nadal sê hy mis nie die sport sedert hy in November uitgetree het nie. Die 38-jarige Spanjaard is vereer met die Sportikoon-toekenning op die Laureus-wêreldsporttoekennings in Madrid. Nadal sê hy het sy loopbaan op ’n gelukkige noot afgesluit, maar sou voortgegaan het as dit moontlik was, omdat hy baie lief was vir die sport. Hy sê hy het die gemoedsrus dat hy alles vir tennis gegee het, en het daarin geslaag om daardie hoofstuk van sy lewe af te sluit.
Tennis: Nadal sê hy het gemoedsrus nadat hy alles vir die sport gegee het