Skip to content

Seevaarders gewaarsku teen gevaarlike wind aan die Wes-Kaapse kus

# Gemeenskappe aan die Wes-Kaapse kus en seevaarders word gewaarsku teen gevaarlike winde wat tot vanmiddag aan die kusgebied sal voorkom. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ’n Geel Vlak 2-waarskuwing uitgereik vir sterk, skadelike winde langs die kus, van Hermanus tot Lambertsbaai. Die toestande word veroorsaak deur ‘n sterk suidoostewind, wat bekend is vir die gevaar wat dit vir seevaart inhou. Veral skippers van kleiner vaartuie moet bedag wees op die gevaar van die rowwe seetoestande.