Skip to content

EFF sê stilte oor Mashatile se skietvoorval is kommerwekkend

# Die EFF het kommer uitgespreek oor ʼn skietery op adjunkpresident Paul Mashatile se konvooi. Mashatile was drie weke gelede op pad terug van ʼn vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee in Boksburg toe skote op sy konvooi afgevuur is. Die EFF sê die Presidensie en staatsveiligheidsagentskappe se stilte oor die voorval se besonderhede, wek ook kommer. Hy sê enige aanval op Mashatile, die nasie se tweede in bevel, bedreig boonop nasionale sekerheid.