# Motorsport: McLaren se Australiese jaer, Oscar Piastri, het sy Britse spanmaat, Lando Norris, verbygesteek op die Formule Een-punteleer nadat hy die naweek die Saoedi-Arabiese Grand Prix gewen het. Dit was die 24-jarige Piastri se derde oorwinning dié seisoen. Hy het tans 99 punte en Norris 89. Red Bull se wêreldkampioen, Max Verstappen van Nederland, is derde op die punteleer nadat hy tweede geëindig het in Jedda, met Charles Leclerc van Monaco wat die derde plek op die podium ingeneem het vir Ferrari. Norris was vierde.
Motorsport: Piastri neem eerste plek in in F1-bestuurderskampioenskap ná oorwinning in Jedda