Skip to content

Aartsbiskop Makgoba waarsku politieke partye moet hul binnegevegte staak

# Aartsbiskop Thabo Makgoba het die land se politieke partye gewaarsku dat hul binnegevegte ‘n groot probleem vir demokrasie inhou. Die hoof van die Anglikaanse Kerk van Suider-Afrika het in sy Paasboodskap gesê partye moet ophou speletjies speel; anders gaan Suid-Afrika se demokratiese regering op ‘n krisis afstuur. Makgoba sê die partye wat in die Parlement verteenwoordig word, moet gerespekteer word. Hy het ook verwys na krisisse soos geslagsgeweld en abnormale politieke funksionering.