# ’n Taverne-eienaar is dood en vier ander is gewond in ’n skietvoorval by ‘n musiekfees gister by Marble Hall in Limpopo. Die eienaar is in die hospitaal dood aan verskeie skietwonde. Drie slagoffers is in die hospitaal, terwyl een ontslaan is. Die polisie het patroondoppies op die toneel gevind. Die verdagte en die motief is steeds onbekend en ondersoeke duur voort. Provinsiale polisiekommisaris, Thembi Hadebe, het die voorval veroordeel.
Taverne-eienaar doodgeskiet, vier beseer by musiekfees