Skip to content

Krieket: Dewald Brevis van SA sluit aan by die Chennai Super Kings

# Krieket: Die Chennai Super Kings het ‘n kontrak geteken met die Suid-Afrikaner Dewald Brevis om vir die res van hierdie jaar Gurjapneet Singh se plaasvervanger te wees in die Indiese Premierliga, nadat Singh ‘n besering opgedoen het. Hy sluit by CSK aan vir sowat 4,8-miljoen rand. Die 21-jarige het vorige ondervinding van die IPL, nadat hy die Mumbai Indians in 2022 en 2024 verteenwoordig het. Brevis het reeds 81 T20’s in sy loopbaan gespeel. Die Super Kings is tans onderaan die IPL-puntelys, met net twee oorwinnings uit sewe wedstryde.