Skip to content

Skoolbusbestuurder buite skool in Sophiatown doodgeskiet

# ʼn Skoolbusbestuurder is vanoggend naby die Laerskool Generaal Christiaan de Wet in Sophiatown, Johannesburg, doodgeskiet. Ooggetuies sê die skietery het plaasgevind kort nadat hy die kinders afgelaai het. Volgens berigte is al die kinders ongedeerd en het die voertuig verlaat voordat die voorval plaasgevind het. Die polisie is op die toneel om die saak te ondersoek. Die motief vir die moord is nie bekend nie en niemand is nog in hegtenis geneem nie.