# Paasnaweek-reisigers kan vertragings verwag op die N2 tussen George en Wildernis in die Wes-Kaap weens padwerke. Die padagentskap SANRAL waarsku dat slegs een laan in albei rigtings oop is tussen die Kraaibosch-wisselaar en Wildernis. Verkeersbeamptes sal tot sesuur vanaand beskikbaar wees om verkeer by sleutelkruisings te reguleer. Verkeersveiligheidsbeamptes sal ook aan diens wees. SANRAL maan padgebruikers om veiligheid voorop te stel die naweek.
Padwerke gaan die naweek voort op die N2 tussen George en Wildernis