# Cosatu het ‘n voorlegging oor die 2025/2026-begroting se Wetsontwerpe oor Bewilliging en Inkomsteverdeling asook oor Eskom se Skuldverligting aan die Parlement gedoen. Die vakbondfederasie steun die verhoging in die befondsing van noodsaaklike en ekonomiese infrastruktuur met ‘n totale infrastruktuurbesteding oor die volgende drie jaar van 1,03-duisend-miljard-rand. Matthew Parks van Cosatu sê hulle is bekommerd oor die vermindering in skuldverligting wat aan Eskom toegestaan is en vrees dit kan sy pogings vir die onderhoud van, en belegging in sy infrastruktuur ondermyn:
Cosatu maak voorlegging oor Wysigingswet oor Eskom se Skuldverligting aan die Parlement [KLANK]
ENG MatthewonPresented