Skip to content

Tennis: Verdedigende kampioen Casper Ruud dring deur na Barcelona Ope se kwarteindronde

# Tennis: Die verdedigende kampioen, Casper Ruud, is deur na die Barcelona Ope se kwarteindronde ná ʼn naelskraapse oorwinning oor die Serwiër, Hamad Medjedovic. Die tweede gekeurde Noorweër wil die vierde man word wat die Barcelona-titel hierdie eeu suksesvol verdedig. Ruud speel in Vrydag se kwarteindronde teen Holger Rune nadat die Deen met Sebastian Baez van Argentinië afgereken het. Die derde gekeurde Stefanos Tsitsipas van Griekeland het die Amerikaner Sebastian Korda geklop om sy plek in die kwarteindronde teen die Fransman, Arthur Fils, te bespreek.