Skip to content

Regter bevind waarskynlike regsgronde om Trump-amptenare van minagting aan te kla oor deportasies

# ‘n Amerikaanse federale regter, James Boasberg het beslis daar is waarskynlike regsgronde waarvolgens president Donald Trump se administrasie van strafregtelike minagting aangekla kan word. Dit is vir die skending van die hofbevel om gebruik van die Wet op Vreemdelinge te staak vir die deportasie van meer as 200 beweerde bendelede van Venezuela. Die 227-jaar oue wet is bedoel om Amerika tydens oorlogstye te beskerm om massa-deportasies uit te voer. Boasberg sê senior Trump-amptenare kan óf die mense terugbring wat deur sy bevel beskerm is, óf aangekla word.