Skip to content

ANC in KZN sê regering van nasionale eenheid se uitdagings sal nie provinsiale koalisieregering beïnvloed nie

# Die ANC in KwaZulu-Natal sê onlangse verwikkelinge in die regering van nasionale eenheid oor die begrotingskwessie sal nie die koalisie in die provinsie raak nie. Die ANC, DA en IVP regeer saam in die provinsie. Kommer bestaan egter dat indien die RNE misluk, die provinsie aan die MK-party oorhandig sal word wat die meeste stemme het. Die koördineerder van KZN se provinsiale taakspan, Mike Mabuyakhulu, sê hulle het meganismes om konflik te hanteer wat sal keer dat geskille die koalisie vernietig.