# Die Departement van Gesondheid waarsku Paasnaweekreisigers om waaksaam te wees met gevalle van malaria wat toeneem in Limpopo, Mpumalanga en KwaZulu-Natal. Die departementele woordvoerder, Foster Mohale, het ook gewaarsku teen moontlike oor-grensverspreiding. Mohale het reisigers aangeraai om malaria-medisyne te gebruik, afweermiddels aan te wend, en onder muskietnette te slaap. Hy het vroeë toetsing en behandeling aangemoedig om verspreiding van die siekte te voorkom:
Departement van Gesondheid waarsku resigers om versigtig te wees vir malaria gedurende Paasnaweek [KLANK]
ENG-MohaleOnMalaria