# Rugby: Die Nelson Mandelabaai-stadion in Gqeberha in die Oos-Kaap is volgende maand gasheer vir vanjaar se Onder 20-Rugbykampioenskap. Die tweede toernooi vir die Suidelike Halfrond bring die beste jong sterre van Suid-Afrika, Nieu-Seeland, Argentinië en Australië byeen. Australië het verlede jaar die eerste toernooi aangebied, waar Nieu-Seeland Suid-Afrika in die eindstryd verslaan het om die titel in te palm. Die junior Springbokke se afrigter, Kevin Foote, sê die toernooi is noodsaaklik vir hulle voorbereiding vir Wêreldrugby se Onder 20-kampioenskap in Italië in Julie.
Rugby: Nelson Mandelabaai is gasheer vir Onder 20-Rugbykampioenskap