# Die Vereniging vir Staatsamptenare sê hy verwelkom die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson se aanbeveling van lewenstyloudits vir raadslede van die Onafhanklike Ontwikkelingstrust. Die Valke en PricewaterhouseCoopers ondersoek die trust oor bewerings van korrupsie betreffende ‘n suurstofaanlegprojek van 836-miljoen-rand. Claude Naicker van die vereniging sê korrupsie en wanadministrasie oor verkryging van dienste is groot probleme by talle instellings en departemente wat die land jaarliks miljarde rande kos:
Vereniging vir Staatsamptenare vra leefstyloudits by alle staatsinstellings [KLANK]
ENG ClaudeonLifestyle