Skip to content

Sokker: Fifa oorweeg uitspeelwedstryd tussen twee klubspanne as Leon uit Klub-wêreldbeker geskop word

# Sokker: Die Wêreld-sokkerbeheerliggaam FIFA oorweeg ’n uitspeelwedstryd tussen Los Angeles en Club América van Mexiko vir ’n plek in die Klub-wêreldbeker in Amerika. Dit volg na die diskwalifikasie van Club León van Mexiko weens die reëls oor multi-klubeienaarskap. FIFA-president, Gianni Infantino, sê hulle behoort die uitslag van León se appèl by die Hof van Arbitrasie vir Sport binne die volgende paar weke te hê en sal dan ‘n besluit neem. Daar sal 32 spanne aan die toernooi deelneem wat vanaf 14 June tot 13 Julie plaasvind.