#Minister van Vervoer, Barbara Creecy, het ‘n nuwe skip-na-kaai-hyskraan by die Gqeberha-hawe se houerterminaal bekendgestel. Dit maak deel uit deel van ‘n vlootvernuwingsbelegging van drie-miljard-rand. Die hyskraan sal na verwagting toerustingbeskikbaarheid verbeter, doeltreffendheid verhoog, en Suid-Afrika se wêreldwye mededingendheid versterk. Die hyskraan se spoed en akkuraatheid sal vasmeertye vir skepe verminder, wat die hawe se deurvragvermoë sal verhoog. Creecy het ook die hyskraan se omgewingsvoordele uitgelig, insluitend verminderde gasvrystelling:
Nuwe skip-na-kaai hyskraan by Gqeberha-houerterminaal sal werkverrigting verhoog [KLANK]
ENG-CreecyOnShip