# Gauteng-premier Panyaza Lesufi sal vandag die ondertekening lei van die Gauteng Veiligheidsooreenkoms, ’n memorandum van verstandhouding oor geïntegreerde wetstoepassing oor provinsiale grense heen. Die ooreenkoms tussen die SAPD, munisipale polisie en plaaslike regerings is daarop gemik om misdaadbekamping te versterk. Dit laat wetstoepassing ook toe om oor munisipale grense heen op te tree, om die reaksie op misdaad, vandalisme en wetteloosheid te verbeter. Die inisiatief is gemik op ‘n meer verenigde en doeltreffende provinsiale misdaadvoorkomingstrategie.
Gauteng-regering lei geïntegreerde wetstoepassing oor grense in