# Krieket: Twee tieners is die eerste keer na die Protea-vroue opgeroep vir ’n driehoekige eendagreeks wat later die maand in Sri Lanka begin. Die 17-jarige paaltjiewagter Karabo Meso en die 19-jarige bybreek-draaibouler Seshnie Naidu het beïndruk vir die Suid-Afrikaanse onder-19-span wat vroeër vanjaar die eindstryd van die Junior Wêreldbekertoernooi gehaal het. Die veelsydige Miané Smit is ook ingesluit vir die reeks teen Sri Lanka en Indië. Die reeks word gesien as belangrike voorbereiding vir die Wêreldbekertoernooi wat in Oktober in Indië begin.
Krieket: Drie nuwelinge opgeroep vir Protea-vroue vir driehoekige reeks in Sri Lanka