# Motorsport: Red Bull se raadgewer, Helmut Marko, glo die Formule Een-span sal ‘n verbeterde motor moet ontwikkel om die dienste van die viermalige wêreldkampioen Max Verstappen te behou. Die Nederlander is tans derde in die bestuurderskampioenskap na McLaren se twee renjaers, Lando Norris van Engeland en die Australiër Oscar Piastri, nadat hy nog net een van die seisoen se eerste vier wedrenne kon wen. Marko sê Red Bull sal ‘n basis vir ‘n motor moet skep waarmee Verstappen vir die kampioenskap kan veg.
Motorsport: Red Bull gewaarsku om vir Verstappen ‘n beter motor te bou om sy dienste te behou