# Die Vereniging van Staatsamptenare is bekommerd oor ’n onlangse studie van die Universiteit Stellenbosch wat toon dat 50-persent van onderwysers die beroep wil verlaat weens uitermatige werkslading. Die vakbond vra die Departement van Basiese Onderwys om aandag te gee aan die administratiewe las wat onderrigtyd verminder. Die departement word aangemoedig om meer administratiewe personeel aan te stel om druk te verminder en onderwys-gehalte te verbeter. Die vakbond sê onlangse studies dui aan dat Suid-Afrika meer as 50-duisend onderwysers benodig, terwyl die land jaarliks slegs sowat 15-duisend nuwe onderwysers oplei.
Stellenbosch-studie dui aan dat helfte van onderwysers die beroep wil verlaat