# Netbal: Suid-Afrika, wat die wêreld se nommer-vyf-span is, speel in September ’n reeks van drie toetse in Nieu-Seeland ter voorbereiding vir volgende jaar se Statebondspele in Glasgow. Die Proteas en die Silwervarings, wat tweede op die wêreldranglys is, sal meeding om die Taini Jamison-beker. Die Proteas se afrigter, Jenny van Dyk, sê dis belangrik om teen die topspanne te speel, veral voor 2027 se Wêreldbekertoernooi in Australië. Die Nieu-Seelandse afrigter, Noeline Taurua, sê dit sal ’n goeie toets wees terwyl hulle die groep se diepte en kombinasies bou.
Netbal: Suid-Afrika speel in September drie toetse teen Nieu-Seeland