Skip to content

Belangrike hofsaak tussen Meta en Amerikaanse Federale Handelskommissie begin vandag

# Die sosiale media-reus, Meta, se antitrust-hofsaak teen die Amerikaanse Federale Handelskommissie begin vandag in Washington. Die kommissie voer aan die eienaar, Mark Zuckerberg, se verkryging van Instagram en WhatsApp in onderskeidelik 2012 en 2014, was onwettig en moes nooit goedgekeur gewees het nie. Hy beweer dit verhoed dat maatskappye kan meeding en gee hom dus alleenreg. Indien die kommissie die saak wen, kan Zuckerberg verplig word om Instagram en WhatsApp te verkoop.