Skip to content

Gauteng komitees doen beroep vir toepassing van aanbevelings oor taxigeweld [KLANK]

# Die Gautengse provinsiale komitees vir Gemeenskapsveiligheid en Vervoer doen ‘n beroep op die provinsiale regering om die aanbevelings van die Shongwe-kommissie van ondersoek dringend toe te pas. Die ondersoek is gestig om die grondoorsake en bydraende faktore agter die geweld en onbestendigheid in die taxibedryf te ondersoek. Altesaam 59 taxi-verwante sterftes as gevolg van die geweld is vanjaar in Gauteng aangemeld. Bandile Masuku, voorsitter van die gemeenskapsveiligheidskomitee, sê dit is noodsaaklik dat pendelaars beskerm word:

ENG BandileonTaxiViolence