# ʼn Russiese missiel-aanval op die Oekraïnse stad, Sumy, het Sondag minstens 34 lewens, waaronder twee kinders, geëis. Minstens 80 mense is beseer. Oekraïne se president Volodymyr Zelensky sê Rusland moet onder druk geplaas word om die oorlog te beëindig en mense se veiligheid te verseker. Die internasionale gemeenskap veroordeel die aanvalle en die Oekraïens/Russiese gesant vir Amerika, Keith Kellogg, sê die aanval verbreek alle reëls van ordentlikheid. Die Franse president Emmanuel Macron sê die aanvalle toon ʼn blatante minagting vir menselewens.
Meer as 30 insluitend twee kinders sterf in Russiese aanval op Oekraïnse stad