# Die Amerikaanse president Donald Trump het op sy sosiale media platform, Truth, gesê hy sal dalk nie in November die G20-beraad in Suid-Afrika bywoon nie. Hy bevraagteken hoe daar van wêreldleiers verwag kan word om die geleentheid by te woon en beweer grondonteiening en volksmoord sal die onderwerp van bespreking wees. Die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking se woordvoerder, Crispin Phiri, het in reaksie op Trump gesê Suid-Afrika behoort aan almal wat daar woon. Hy het bygevoeg die Grondwet beskerm alle mense, nie omdat hulle swart of wit is nie, maar omdat hulle mense is.
Trump dreig om nie G20-beraad in SA by te woon nie, verwys na na “grondonteiening en volksmoord”