# Die Stad Kaapstad het kommer uitgespreek oor voortslepende vertragings om nuwe rybewyse uit te reik. Die metro het sedert die begin van die jaar byna 60-duisend aansoeke vir nuwe rybewyse en openbare bestuurspermitte verwerk. Die Rybewyskaart-rekening in Pretoria het egter nog nie een kaart hiervoor uitgereik nie. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê dis omdat Suid-Afrika se enigste rybewysdrukker alweer stukkend is:
Kaapstad beleef krisis met 60 000 agterstallige rybewys-aansoeke [KLANK]
AFR SmithOnApplicationDelays