# Die Tshwane-metropolisie gaan vandag sy Paastyd-optredes in Hammanskraal bekendstel. Die hoof doel van die optredes is om padongelukke, -sterftes, -beserings en padverkeersoortredings oor die Paastyd te beperk. Die hoofroetes waarop hulle sal fokus sluit in die N1, N4 en die R21. Die burgemeester, Nasiphi Moya, sal die bekendstelling hanteer en sal ook die metropolisie se nuwe vloot bekendstel. Dertien padsterftes is verlede jaar oor die Paastydperk in Tshwane aangeteken in ‘n sterftesyfer wat hoër was as in 2023.
Tshwane-metropolisie gaan Paastyd-optredes in Hammanskraal bekendstel