# Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat het sy ondersoek na die Polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi, teruggetrek en hom vrygespreek. Hy is in 2023 beskuldig dat hy glo sy mag misbruik en ingemeng het met die arrestasie van ‘n senior amptenaar van korrektiewe dienste in beheer van ‘n dwelmkartel by die Westville Maksimum-gevangenis in Durban. OPOD sê die ondersoek is afgesluit aangesien daar nie genoeg bewyse was om voort te gaan nie. Mkhwanazi het volgehou hy is onskuldig.
OPOD trek saak teen KZN-polisiekommissaris Nhlanhla Mkhwanazi terug