Skip to content

Raadgewende Ingenieurs Suid-Afrika vra dringende opknapping van infrastruktuur in KZN

# Die president van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Raadgewende Ingenieurs, David Leukes, sê KwaZulu-Natal benodig dringend ‘n proaktiewe benadering tot die instandhouding van infrastruktuur. Leukes sê herhaalde vloede het kritieke swakhede in strate, brûe en waterstelsels blootgelê. Leukes het tydens ‘n takbesoek gepraat en gewaarsku verouderde infrastruktuur en uitgestelde instandhoudingswerk vereger die klimaats-impak. Hy vra veerkragtige, toekomsvaste stelsels, verbeterde samewerking en tegniese verbetering.