# ActionSA het burgemeester van Tshwane, Nasiphi Moya se stadsrede verwelkom, wat die sterk vordering uiteengesit het wat onder die koalisie gemaak is. Hoogtepunte sluit in ‘n volledig befondsde begroting, 2,8-miljard-rand in beraamde reserwes, en ‘n vermindering van Eskom se skuld met een-miljard-rand. Michael Beaumont van ActionSA sê ekonomiese herlewing, SMME-ondersteuning en infrastruktuur-opgraderings is aan die gang. Hy sê Tshwane het meer as duisend-200 onwettige stortingsterreine skoongemaak en is op ‘n bestendige pad na finansiële stabiliteit, veiligheid en welvaart.
ActionSA verwelkom bestendige vooruitgang van Tshwane