# Motorsport: Robert Reid gee ’n algehele ineenstorting in bestuurstandaarde die skuld vir sy besluit om te bedank as ‘n adjunkpresident van die wêreldbeheerliggaam, die F-I-A. Dit volg nadat hy die onlangse wysiging aan statute teengestaan het. Reid sê hy het die posisie aanvaar om die lede te dien en nie om mag te dien nie. Hy sê hy het mettertyd ‘n geleidelike uitkalwing gesien van die beginsels wat hulle moet handhaaf, terwyl besluite agter geslote deure geneem is. Reid glo die sport verdien verantwoordbare, deursigtige en lid-gedrewe leierskap.
Motorsport: FIA se adjunkpresident bedank oor ineenstorting in bestuurstandaarde