Skip to content

Atletiek: ‘n Sterk SA span sal môre aan Botswana se Goue Grand Prix deelneem

# Atletiek: Ses-en-dertig atlete sal Suid-Afrika môre in Gaborone verteenwoordig op Botswana se Goue Grand Prix-byeenkoms. Atlete van 30 lande sal deelneem. Die Suid-Afrikaanse-rekordhouer in die 100-meter vir mans, Akani Simbine, sal meeding met die Afrika-rekordhouer, Ferdinand Omanyala van Kenia, terwyl drie ander Suid-Afrikaanse-naellopers, Benjamin Richardson, Tsebo Matsoso en Karabo Letebele, ook sal deelneem. Die voormalige deelnemer aan die eindronde op die Wêreldkampioenskap, Luxolo Adams van Suid-Afrika, sal die plaaslike Olimpiese kampioen, Tetsile Tebogo, in die 200-meter aandurf.