# Gholf: Die voormalige kampioene, Gary Player van Suid-Afrika en die Amerikaners Jack Nicklaus en Tom Watson, het seremoniële bofhoue gespeel om die 89ste Meesterstoernooi te open. Die legendariese drietal was op die eerste bof op Augusta in die vroeë oggend voordat die jaar se eerste major-toernooi begin het. Vyf-en-neëntig spelers jaag die groen baadjie na wat die Meesters se oppergesag simboliseer. Charl Schwartzel, Christiaan Bezuidenhout en Thriston Lawrence is die Suid-Afrikaners in die toernooi.
Gholf: Player, Nicklaus en Watson slaan eerste bofhoue van 2025 Meesters