# Gholf: Die verdedigende Meesters-kampioen, Scottie Scheffler, speel saam met sy Amerikaanse landgenoot Justin Thomas en die Spanjaard Jose Luis Ballester wanneer die eerste major-toernooi van die jaar vandag op Augusta in Georgia afslaan. Rory McIlroy van Noord-Ierland wat probeer om die sesde man te word om ʼn loopbaan-Grand Slam te voltooi, is in dieselfde groep as Ludvig Aberg van Swede en die Amerikaner Akshay Bhatia. Drie Suid-Afrikaners is onder die 95 deelnemers: die voormalige kampioen, Charl Schwartzel, Christiaan Bezuidenhout en Thriston Lawrence.
Gholf: Verdedigende kampioen Scheffler en McIlroy is gunstelinge om Meesters te wen