# Die burgemeester van Tshwane, Nasiphi Moya, gaan vandag haar eerste stadsrede by Tshwane-huis in Pretoria lewer. Die burgemeester se toespraak sal fokus op die tema, Ons Hoofstad, Ons Trots: Verenig vir Vordering. Sy gaan die diensleweringsagenda vir die jaar aan inwoners voorlê. Die burgemeester se kantoor sê sedert die veelparty-koalisieregering in Oktober 2024 die bewind oorgeneem het, is ‘n reeks inisiatiewe ingestel wat inwoners deel van die diensleweringsagenda gemaak het.
Tshwane se burgemeester gaan vandag haar eerste stadsrede lewer