Skip to content

Tennis: Tabilo verras Djokovic in tweede ronde van Monte-Carlo-meesterstoernooi

# Tennis: Die tweemalige kampioen, Novak Djokovic, is in die tweede ronde van die Monte-Carlo-meesterstoernooi uitgeskakel. Die Chileen, Alejandro Tabilo, het die Serwiër onverwags op die kleibaan geklop. Die vierde-gekeurde Noorweër, Casper Ruud, het die Spanjaard Roberto Bautista Agut maklik verslaan om die derde ronde te haal, terwyl die sewende-gekeurde Rus, Andrey Rublev, die Fransman Gael Monfils geklop het. Grigor Dimitrov van Bulgarye het met die promotorskeuse, Valentin Vacherot van Frankryk, afgereken.