# Die Johannesburg Metropolisie het motoriste gewaarsku oor verkeersontwrigting naby Orlando-stadion in Soweto vanmiddag weens die CAF Kampioeneliga wedstryd tussen Orlando Pirates en MC Alger. Die wedstryd skop om 6-uur af. Mooki- en Martha Louw-strate is gesluit. Alternatiewe roetes sluit Adams- en Nkom Ya Hlaba-strate in. Toeskouerparkering is beskikbaar by aangeduide skole en velde naby die stadion. Metropolisiewoordvoerder Xolani Fihla sê beamptes sal help met verkeersprobleme.
Padsluitings naby Orlando-stadion vir CAF Kampioeneliga wedstryd vanaand