# Die DA in Gauteng sê die Chris Hani Baragwanath-hospitaal se sekerheidskoste het ‘n reuse styging tot op 77-miljoen-rand per jaar aangeteken, vanaf 22-miljoen-rand ‘n dekade gelede. Die hospitaal se uitvoerende hoof, Nthabiseng Makgana, betaal luidens berigte vir bykomende persoonlike sekerheid, ondanks ‘n kontrak van 232-miljoen-rand met ‘n privaat onderneming met 275 personeellede in diens, waarvan baie sowat 6-duisend-rand per maand betaal word. Die onderneming word egter sowat 23-duisend-rand per personeellid betaal. Die DA-lid, Jack Bloom, eis ‘n dringende hersiening van die stygende koste, en is van mening die geld moet herlei word na die verbetering van pasiëntesorg.
DA veroordeel R77-miljoen sekerheidsrekening van Baragwanath-hospitaal en uitvoerende hoof met privaat wagte