Skip to content

Township en landelike spazawinkeleienaars aangemoedig om hulp te vra by die Spazawinkel-ondersteuningsfonds

# Die Parlement se portefeuljekomitee oor Kleinsakeontwikkeling doen ‘n beroep op alle township- en landelike spazawinkeleienaars om voordeel te te trek uit die 500-miljoen-rand se Spazawinkel-ondersteuningsfonds. Die fonds verskaf ondersteuning aan Suid-Afrikaanse township-geriefwinkels in swart besit, insluitend spazawinkels, om hulle deelname uit te brei aan die kleinhandelsektor in townships en landelike gebiede. Die komiteevoorsitter, Masefako Dikgale sê spazawinkels is ‘n multi-miljard-rand sektor wat by die hoofstroom-ekonomie ingesluit moet word om groei en werkskepping te stimuleer en armoede uit te wis.