# Die Stad Kaapstad sê sy nuwe stedelike mobiliteitsbegroting sal daarop fokus om strate reg te maak, openbare vervoer uit te brei en verkeersopeenhopings te verlig. Meer as vyf-miljard-rand is voorgestel vir die 2025/2026 boekjaar, insluitend twee-miljard-rand vir die bestuur van die MyCiTi-busdiens. Die burgemeesterskomiteelid vir Stedelike Mobiliteit, Rob Quintas, waarsku die verwaarlosing van padinfrastruktuur sal rampspoedig wees, en moedig inwoners aan om voor 2 Mei hul kommentaar oor die ‘Invested in Hope‘-begroting in te dien: