# Ekurhuleni-metropolisie het Maandag vier verdagtes doodgeskiet en op vyf ongelisensieerde vuurwapens beslag gelê op die N12-Wes Voortrekker in die Alberton-area. Beamptes het inligting ontvang oor ʼn sakeroof by ʼn drankwinkel in Kritzingerlaan. Toe hulle op die toneel kom, het hulle opgemerk ʼn sekerheidsvoertuig agtervolg die verdagtes, wat op die polisie losgebrand het. Die polisie sê een verdagte is onder polisiebewaking in die hospitaal.
Vier verdagtes dood in skietvoorval met Ekurhuleni-metropolisie op N12-hoofweg