# Die DA ondersoek ‘n 2,5 miljoen-rand-kontrak wat die Gautengse Gesondheidsdepartement aan Modjadji Creations toegeken het. ‘n ANC-taklid, Nhlake Pricilla Mothobuka, besit die onderneming. Sy is na berigte ook ‘n goeie vriend van die LUR vir Gesondheid, Nomantu Nkomo-Ralehoko. Jack Bloom van die DA sê die kontrak is in November 2024 uitgereik vir byna agt-duisend-500 gholfhemde teen 280-rand elk. Bloom sê kommer het ontstaan omdat die onderneming in Maart 2023 gederegistreer het, maar kort voor die tenderproses weer begin handel dryf het. Hy dring aan op duidelikheid oor die tenderproses en die betalings wat gemaak is.
DA bevraagteken R2,5-miljoen kontrak wat Gautengse Gesondheidsdepartement aan LUR se ‘vriend’ toegeken het