Skip to content

Rugby: Bulle speel teen Edinburgh in kwarteindronde van Uitdaagbekerkompetisie

# Rugby: Die enigste oorblywende Suid-Afrikaanse span in die Uitdaagbekerkompetisie, die Bulle, speel Saterdag in die Skotse hoofstad teen Edinburgh in die kwarteindronde. Die Bulle het die afgelope naweek die Franse span Bayonne 32-22 verslaan in die ronde van 16, terwyl die Skotte die Haaie uitgekakel het. In die ander kwarteindstryde sal die Franse span Lyon teen die Ospreys van Wallis te staan kom, die Ierse span Connacht speel teen die Franse reuse Racing 92, en Bath van die gewese Springbok-hulpafrigter Johann van Graan speel teen nog ‘n Engelse span, Gloucester.